Roald Dahl se kleinseun trou met prinses van Jordanië

akkreditasie
FOTO Instagram / Roald Dahl
FOTO Instagram / Roald Dahl
En só lyk sy model-kleindogter.

Uit sy pen het Charlie and the Chocolate Factory, Matilda, James and the Giant Peach, The Witches, The BFG en vele, vele meer gekom. Wyle Roald Dahl was ’n briljante storieverteller.

Nou, 30 jaar ná sy dood, het sy joernalis-kleinseun Ned Donovan met ’n prinses van Jordanië getrou. Klink byna soos ’n storie wat Roald Dahl self kon geskryf het!

Sy bruid? Prinses Raiyah, dogter van wyle koning Hussein en koningin Noor. Volgens Daily Mail het die paartjie mekaar agt jaar gelede in Indië ontmoet.

As gevolg van die Covid-19-inperking was daar net enkele gaste by hul bruilof in Engeland.

En só lyk Roald Dahl se model-kleindogter!

Deesdae volg Sophie Dahl, Donovan se halfsuster, in haar oupa se voetspore en skryf storie- en selfs kookboeke. Sy was vir ’n groot deel van haar lewe ’n model en selfs die gesig van Yves Saint Laurent se bekende parfuum Opium.

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees