SARIE Voorbladgesig en Nuwe Gesig is met trots geborg deur Isa Carstens Akademie.

Jonadrie van Aardt glo met haar hele hart dat niks in die lewe vanselfsprekend is nie. Alles wat jy het word net tydelik aan jou geleen. “Ek moet al die kleiner dingetjies in die lewe raaksien en alles met ’n hart van pure dankbaarheid waardeer.” 

Maar Maandagoggend om 08:00 het dié matriekleerling van Hoërskool Jan van Riebeeck se wildste drome waar geword. Haar skoolhoof, Lizette Visser, se stem was oor die interkomstelsel gehoor. “Kan Jonadrie asseblief na die kantoor toe kom?” Die hele skool se aandag was nou op Jonadrie. En toe laat Michélle van Breda, SARIE se redakteur, van haarself hoor: “Jy wen Jonadrie!”

Jonadri van Aardt het vanoggend nie net uitgevind sy is die wenner nie. Sy het ook haar eie handsak-uitgawe ontvang! FOTO Marzanne Schoeman
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, het spesiaal vir Jonadrie kom verras. FOTO Marzanne Schoeman
Jonadrie se Maandag was beslis nie blou nie! FOTO Marzanne Schoeman
Isabel Roos, besturende direkteur van Isa Carstens Akademie, het vanoggend ook die Nuwe Gesig-wenner ontmoet. Isa Carstens Akademie is die trotse borg. FOTO Marzanne Schoeman

Ja, die blondekop tiener, wat groot drome koester, is SARIE se eerste wenner van Nuwe Gesig.

View this post on Instagram

Ontmoet die eerste #SARIEnuwegesig, Jonadrie van Aardt! In trotse samewerking met @isacarstens.

A post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

In die 10de jaar van SARIE se bekende en gewilde Voorbladgesigwedstryd het die tydskrif vanjaar ’n splinternuwe afdeling, SARIE Nuwe Gesig, geskep. Dit het hoërskoolleerders van graad 10 tot 12 (16 tot 18 jaar oud) die kans gegee om deel te wees van die nou reeds dekade oue soektog na ’n voorbladgesig onder gewone mense wat nie bekend of beroemd is nie. Vanaf Vrydag 21 Augustus gaan sy landwyd pronk op die handsakgrootte van SARIE se September-uitgawe. En dis nie al nie: Lesers sal ook kan kies uit vier serpontwerpe, elk met SARIE se wekroep vir 2020, #JyIsGenoeg, deel daarvan.

Die eerste Nuwe Gesig-wenner Jonadrie verskyn op die voorblad van SARIE se handsakweergawe vir September 2020-uitgawe. Haar voorbladfoto en fotosessie is deur die talentvolle Willem Botha geneem.

As deel van die Top-10-finaliste het Jonadrie die volgende oor drome te sê gehad:

“Ek droom om eendag ook te inspireer. In my beroep en selfs deur my leefstyl. Om my geluk en vreugde te deel met dié wat dit die meeste nodig het. Ek droom dat my harde werk en uithouvermoë eendag iemand anders se resep tot sukses sal wees. Ek droom om ’n verskil te maak en ek droom om ander te help om dieselfde te doen.”

En watter droom is dit nie?! Volgens Annemie Lombard, SARIE se digitale redakteur, het sommige finaliste se inskrywingsfoto’s met hulle gepraat, en ander het hul storie verder vertel op sosialemediaplatforms en SARIE se wekroep van 2020, #JyIsGenoeg, uitgeleef. “Jonadrie het albei gedoen – sy het deurgaans met ons gesels op sosiale media, plus haar inskrywingsfoto’s het dadelik ons aandag getrek.”

FOTO Instagram / Jonadrie van Aardt

Tydens die duur van die wedstryd het Jonadrie byna daagliks met haar volgelinge op Instagram en Facebook gekommunikeer deur oorspronklike, energieke inskrywings – van meningspeilings tot oulike foto’s en video’s. In die een video bied sy byvoorbeeld ’n les aan vir grimering wat jou slegs 15 minute sal neem, en in ’n ander motiveer sy medeleerders om nie moed te verloor nie.

“’n Vriendin het vir my gesê as ’n mens iets wil hê wat jy nog nooit gehad het nie, moet jy iets doen wat jy nog nie het nie. En kyk nou net!” sê sy.

Jonadrie wen ook ’n jaar se tienervelsorgbehandelings van die Isa Carstens Akademie en ’n kontantprys van R10 000 van Afrikaans.com om die 10 jaar van SARIE Voorbladgesig, die moederwedstryd, te vier.

SARIE Voorbladgesig en Nuwe Gesig is met trots geborg deur Isa Carstens Akademie.