KykNET se Therese Benade het groot opwinding veroorsaak toe sy op Facebook deel dat sy en manlief Chris Bam hul eersteling verwag. Boonop was dit nie 'n maklike pad gewees wat dié paartjie, wat in 2017 in Tulbagh, Wes-Kaap getrou het, gestap het tot hier nie.
"Maart is vir my 'n groot maand, want dis my geboortemaand. Dit voel dus gepas om aan die begin van dié maand ons nuus te deel ... Met die hulp en raad van talle deskundiges, spesialiste en 'n fantastiese eierskenker, én bo alle verwagtinge, het ons grootste droom na 3 jaar 'n realiteit geword: einde Augustus 2021 verwelkom die Bam-gesin 'n nuweling! Ons harte loop oor. Om te sê dat ons dankbaar is, kan nie naastenby verwoord hoe ons voel oor die koms van ons seun nie. Dit was 'n lang pad, maar ons groot avontuur begin nou eers. Ek sou hierdie pad saam met geen ander man op aarde wou aandurf as Chris Bam nie. Hy is reeds 'n pappa duisend!" het die ster op Facebook vertel.
Ons harte loop saam met Therese en Chris s'n oor! Ons kyk sommer terug na die paartjie se pragtige troue tussen die wingerde van Tulbagh.
Foto's: Riekert Cloete
Klik hier vir die volle terugflits na Therese en Chris se groot dag.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET