25 jaar gelede het kykers die Valley Girl Cher Horowitz vir die eerste keer in die rolprent Clueless ontmoet. Die karakter, vertolk deur Alicia Silverstone, is losweg gegrond op die Jane Austen-karakter Emma.

Alicia het aanvanklik niks van Cher gehou nie. “Op skrif het sy oppervlakkig en onaanloklik voorgekom. Om eerlik te wees was sy net een groot irritasie,” het Alicia onlangs aan die Amerikaanse tydskrif Vogue verklap. 

Maar toe sy begin om Cher se Mary Janes vol te staan, het sy gou besef hoe diep die blondekop eintlik is. 

Clueless, wat ook deur regisseur Amy Heckerling geskryf was, word steeds as een van die beste romcoms beskou - dit het immers ’n stewige 81% op die rolprent-webwerf Rotten Tomatoes.  Die tydskrif RollingStone reken dis deel van hul top-5-romcoms. En op Vanity Fair se lys van beste romantiese komedies van alle tye is dit nommer 3. 

Voor Clueless was Alicia bekend vir haar verskyning in die Aerosmith-musiekvideo's "Cryin", "Amazing" en "Crazy". Dit was ook die eerste rolprent waarin die aktrise Brittany Murphy verskyn het - sy is ongelukkig in 2009 weens erge longontsteking oorlede.

Clueless se rolverdeling. FOTO Instagram / Clueless

Só lyk die hoofkarakters nou

Cher Horowitz

Gespeel deur Alicia Silverstone

FOTO Instagram / Alicia Silverstone

Dionne Davenport

Gespeel deur Stacey Dash

FOTO Instagram / Stacey Dash

Josh Lucas

Gespeel deur Paul Rudd

FOTO Instagram / Paul Rudd

Murray Duvall

Gespeel deur Donald Faison

FOTO Instagram / Donald Faison

Travis Birkenstock

Gespeel deur Breckin Meyer

FOTO Instagram / Breckin Meyer

Amber Mariens

Gespeel deur Elisa Donovan

FOTO Instagram / Elisa Donovan

Elton Tiscia

Gespeel deur Jeremy Sisto

FOTO Instagram / Jeremy Sisto