Die Spaanse akteur Antonio Banderas het in die ouderdom van 59 sy eerste Oscar-benoeming vir beste akteur ontvang.
Die donkerkop, wat in Augustus 60 word, word wyd geloof vir sy spel in die Spaanse fliek Pain and Glory.
Hy is nie die enigste akteur wat ná ’n lang wag beloon is nie. Die Oscar-wenner Tom Hanks het die eerste keer in 19 jaar weer ’n benoeming gekry vir beste manlike byspeler vir sy rol A Beautiful Day in the Neighbourhood.