Haar lewe het in ’n oogwink verander. Die blondekop skoonheid Tana van Rooyen, wat in 2012 as SARIE Voorbladgesig-wenner gekroon is, is ’n ma!

Haar eersteling, Tao, is op 24 Augustus 2020 in Die Wilgers-hospitaal in Pretoria gebore. En dit lyk of hierdie klein mannetjie reeds sy ma en pa, Martin, om sy pinkie draai!

Klein Tao FOTO Instagram / Tana van Rooyen
Pa en seun. Tana is verlief op albei haar manne. FOTO Instagram / Tana van Rooyen

Vroeër vanjaar het Tana aan SARIE.com verklap dat swangerskap ’n epiese reis is. “Ek koester elke oomblik van my swangerskap. Elke skop en sentimeter wat my maag groei is net ’n epiese reis. Eintlik kan ek nog nie glo hierdie is my werklikheid nie.”

Maar om te midde van ’n pandemie die lewe aan ’n baba te skenk is geen grap nie. Gelukkig is Martin aan haar sy en sy dank haar sterre. “Hy is die grootste droom wat in my lewe waar geword het. ’n Beter vriend kry mens nie.”

Op Instagram skryf sy verder: “My Martin en ons absolute held. Die geduld wat jy tydens die eerste week van Tao se lewe gewys ... jy is die mees hands on-pa wat ek nog ooit teëgekom het.”

Ma Tana en Pa Martin voor klein Tao se koms. FOTO Instagram / Tana van Rooyen