Vroeër vanjaar het Netflix ’n mini-reeks vrygestel wat 95% op Rotten Tomatoes gekry het. Die reeks, genaamd Unorthodox, handel oor die verhaal van Esty Shapiro, ’n ortodokse Jodin, wat vlug vanuit haar gemeenskap in Williamsburg, ’n Joodse deel in Brooklyn (VSA), om ’n lewe in Berlyn, Duitsland te begin. Die rol was vertolk deur Shira Haas en het gesorg vir ’n gesogte Emmy-benoeming.

View this post on Instagram

Take these broken wings and learn to fly MARCH 26 / #unorthodoxnetflix

A post shared by Shira Haas (@shirahaas) on

Die petite aktrise van 1.52 meter is gebore in Tel Aviv, Israel. Haar oupa was een van die gelukkiges om die Auschwitz-konsentrasiekamp in Poland te oorleef, tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945).

Op die ouderdom van twee is Shira gediagnoseer met nierkanker. Ná ’n reeks aggressiewe behandelings het sy die kanker geklop.

Aanvanklik wou sy ’n sielkundige word, maar ’n rolverdeling-regisseur het haar raakgesien en via Facebook Messenger genader om ’n oudisie af te lê. Shira het die hoofrol in die Israeli rolprent Princess (2014) losgeslaan. Kort daarna is sy genader om ’n jong Natalie Portman te vertolk in die A tale of Love and Darkness (2015). In 2016 het sy teenoor die Oscar-benoemde Jessica Chastain gespeel in die Hollywood-rolprent The Zookeeper’s Wife

Vir Unorthodox moes sy haar lokke afskeer en danksy die karakter Esty het geskeerde koppe opnuut ’n tendens onder talle vroue geword.Shira is ’n kranige fotograaf en bly steeds in Tel Aviv.

Kyk die lokprent van Unorthodox: