FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography

365 dae gelede in die maand van Maart, het Cameron Ivan Botha sy eerste asemteug geneem. “O wow,” was sy aktrise-ma Donnalee Roberts se woorde toe sy hom kort daarna die eerste keer hoor skree. A movie moment – die perfekte “meet cute”. 

“Cameron het elke selletjie in my wese kom verander,” het Donnalee destyds aan SARIE.com gesê. “Ons is dankbaar dat hierdie beautiful siel óns gekies het om sy ouers te wees.”

Met sy blonde hare, pa se looks en ma se groottone (hard)loop hy die wêreld vol. ’n Bondel vreugde, sê Pa Ivan Botha. An adventurer at heart, voeg Ma by.

Hulle het reeds so baie by hul klein seuntjie geleer. “Dis eintlik veronderstel om andersom te wees,” lag Donnalee. “Ons moet hom leer. Maar Cameron het ons geleer hoe om werklik in die oomblik te wees. Alles wat hy doen, geniet hy ten volle. Gister is vergete, môre bestaan nie ... net die hier en nou. Hy is present. En elke klein oomblik omarm hy met soveel oorgawe en joy.” 

FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography
Gelukkige gesin: Ivan, ousus Amélie, Cameron en Donnalee. FOTO Nicky Stowe Photography

Danksy Cameron het Ivan nóg liewer vir Donnalee geraak. “Ja, daar is stres en slapelose nagte. Maar daar is ’n diep laag van liefde wat in die verhouding gekom het. Ek waardeer haar ontsaglik baie.” 

“Dis mooi, dankie, my love!” sê Donnalee. Sy stem volkome saam dat ’n mens se liefde vir mekaar net meer raak.

Awww, koer die denkbeeldige gehoor. ’n Perfekte romkom-oomblik.

Die skrywers en rolprentvervaardigers kan nie glo hul seuntjie is een nie. “Waarheen gaan die tyd? In een jaar het hy gegaan van ’n piepklein, pasgebore babatjie tot ’n mensie wat die wêreld vol stap en op klein avonture in ons huis en om ons tuin gaan,” sê Donnalee in verwondering.

Verlede week het hulle partytjie gehou om dié klein meneer se verjaardag te vier. Die tema? Mexiko ala fiesta!

“Diegene wat ons ken, sal weet dat Mexiko en fiesta ’n groot tema in ons lewe is,” verduidelik Ivan. Só was dit op sy karakter in hul eerste lokettreffer, Pad na jou hart (2014), se emmerskoplys om in Mexiko toe te gaan en selfs daar tequila te drink.

“Ek en Donnalee het ná dit ’n tradisie begin, maak nie saak waarheen ons reis nie, ons drink tequila ... of dit nou in Mexiko of op Pofadder is. Ons het selfs tequila op ons troudag gedrink!”

FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography
’n Familiefoto: (Van links) Cameron, Donnalee, Gerald, Wilma, Corrie, Elaine, Ivan en Amélie. FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography

Hulle het in 2019 uiteindelik die land van melk, heuning en tequila besoek. “Dit was en is een van ons lekkerste reiservarings. Dit het letterlik elke verwagting oortref. Mexiko is immers die land van fiësta,” vertel Donnalee.

Die einste tema was ook deel van hul 2019-bruilof. “Ons het gedink dis ’n mooi tema om deur te trek na Cameron se eerste verjaardag ... As hy eendag na die foto’s kyk en oor die tema uitvra, kan ons vir hom verskeie stories vertel.”

En wat is hul wense vir sy volgende 365 dae? Pynloos tandekry, skerts Ivan. “Ja,” lag Donnalee. “Ag, tandekry is nie lekker nie.”Hy het al agt, maar daar moet nog baie kom, vertel Ivan.

Maar in sy klein lewetjie het sy ouers twee wense: Gesondheid. “Gesondheid op álle vlakke: Fisiek, geestelik, emosioneel. En tweedens: Geluk. “Ons wens is dat die vreugde sal vermenigvuldig in sy lewe. En dat hy soos hy ouer word dit nóg meer sal ervaar en dit met ander kan deel. En ’n hart van kindness sal hê.”

FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Verskaf
FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography
FOTO Nicky Stowe Photography

VERSKAFFERS

FOTOGRAAF Nicky Stowe Photography 

DONNALEE SE ROK & BORDUUR-DETAIL Lena Lisa Designer

SOETGEBAK Terina’s Bakery

HANDGEMAAKTE MACRAMé-GESKENKE Kaapse Knope

CAMERON SE VERJAARSDAG-KLERE Baba Fishees 

KUSSING EN MANDJIES Pinkfoot Boutique

MACRAMé DEKOR None Negative Decor

CAMERON SE STOELTJIES Bunny and Hutch

POM-POMS & ONTWERP VAN UITNODIGING Linda Schlouw