Jy bereik ’n ouderdom waar jy besef dat jy nie onsterflik is nie. Jou verganklik- heid raak so sigbaar, so prominent, soos om asem te haal. Skielik begin jy elke verhouding meer waardeer . . . koester. Niks is permanent nie. Niks is ’n gegewe nie. Ek waardeer alles, my geliefdes, my land. Jy raak bewus van tyd.
Ek het myself nog nooit as ’n politikus gesien nie. Ek fokus eerder op mense, ek’s ’n menseregte-aktivis. As iets teen my grein, beginsels en menswees gaan, sal ek opstaan, myself laat hoor . . . My werk moet die mensdom aanspreek, dit moet menslikheid bevat. En elke storie, al is dit hoe eenvoudig, moet ’n les inhou.