1. Ons het al almal terugslae beleef. Watter raad het jy vir iemand wat sukkel om oor te begin en weer te probeer?

Daar’s ’n vers iewers in die Bybel: “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou.” Ek het al dikwels gevind dit is waar, of jy nou’n Christen is of nie. Soveel briljante planne wat ek al gemaak het, het klaaglik misluk omdat dit teen die grein van die kosmos ingegaan het, en ek het maar voortgedonder al het my intuïsie geskree dis verkeerd. Jy moenie dinge beplan voor jou hart stil geword het nie. Dan sal jy weet watter roete die beste is en dis hoe jy die moed kry om oor te begin as jy ’n fout gemaak het.

Uit die pen van Koos. FOTO Instagram / Koos Kombuis

2. Wat bring die beste in jou uit: pen en papier of ’n gehoor?

Eintlik is ek ’n skaam ou. Ten spyte daarvan kan ’n entoesiastiese gehoormy help om uit my dop te kruip.Maar die beste show onder die beste omstandighede sou nooit werk as ek nie eers by die huis die liedjies klaargeskryf het nie. Ek is beter met woorde as musiek, my deuntjies is geweldig eenvoudig en word gedra deur die lirieke. So eintlik verkies ek die stilte van pen en papier, want sonder dit sou die verhoog nie gebeur soos dit moet nie.

3. Het jy nog hoop vir Suid-Afrika en hoe probeer jy positief bly?

By my laaste vertoning het [skrywer] Dana Snyman vir my een van sy “Swart Hond”-hoedjies present gegee. Ekdra dit nou konstant, nie omdat ekaan depressie ly nie, maar omdat dit onmoontlik is om vandag in Suid-Afrikate lewe sonder om geweldig hartseer en uitgefreak te wees. Miskien is dit tyd om aan onsself en aan mekaar te erken dat ons nie oukei is met die situasie in die land nie. Natuurlik is daar hoop, maar die uurglas loop vinnig leeg voor ons die laaste kans tot herstel gaan verspeel.

4. Hoekom is jy so lief vir Afrikaans en hoe kan ons die taal groter vlerke gee?

Ek is lief vir my taal, maar daar’s ook’n paradoks. Ek glo dat elke Afrikaans- sprekende die moeite moet doen omten minste ’n eenvoudige gesprek in een Afrika-taal ook te kan voer en dit dan by elke geleentheid te oefen op vriende of kennisse, al is dit by die vulstasie met die ou wat jou petrol ingooi. Baie van ons mede-Suid-Afrikaners voel dat Afrikaanse mense dink hulle is beter as die res. Ons moet hulle wys ons is nie almal so nie. Jy hoef nie die ou vlag rond te swaai nie; daar is vriendeliker maniere om te wys jy het respek vir jou eie kultuur, en dus ook vir ander se kultuur.

5. Danie du Toit, liedjieskrywer en hoofsanger van Spoegwolf, vra: Hoe lyk ware geluk?

Ek dink ware geluk is as jy die oggend langs jou geliefde wakker word en besef sy het vir jou ’n oorskiet-braaibroodjie gebêre vir brekfis.

Die liedjieskrywer en hoofsanger van Spoegwolf Danie du Toit het spesiaal ’n vraag vir Koos gevra.FOTO Instagram / Danie Reënwolf du Toit

Lees ook wat die ander ikone sê:

Pretty Yende

Denise Newman

Anna-Mart van der Merwe

Dr. John Kani