1. Jy het grootgeword op Piet Retief, ’n dorp in Mpumalanga. Watter kleintyd-herinnering bly jou ná al die jare by?

Ek is geseën met gelukkige kinderdae, danksy my ouers en sibbe. Dit iseintlik so moeilik om net een uit te lig. Maar as ek moet, sal dit musiek wees. Om musiek te maak tydens etenstyd, wanneer my ma in die kombuisgekook het, as ek en my suster die huis skoongemaak het. Ons sou net begin sing, sommer kerkgesange . . . en eenná die ander sou my ma,my pa en my broers ook die note van die lied optel. Daardie hegte eenheid hou my tot vandag toe geanker, dis die kern van my #Prettyjourney. Selfs 20 jaar later sien ek steeds daarna uit om huis toe te gaan.

2. Daar is sterk en weerlose vrouekarakters in die wêreld van opera, soos Carmen, Leonore in Fidelio, Musettain La bohème en selfs die titelkarakter van Tosca. Met watter karakter kan jy meer identifiseer en hoekom?

Elke karakter wat ek bevoorreg is om te vertolk, leer my op een of ander manier iets van die mensdom, die lewe. Die karakters stel my bloot aan dinge watek nooit anders sou beleef nie, ek hetal soveel emosies danksy húlle beleef. Karakters soos Norina in Don Pasquale, wat ek in onder meer Milaan se La Scala-operahuis vertolk het. Of La fille du régiment se Marie wat weer lewe in die Metropolitan in New York gekryhet. Tot komplekse karakters soos dié van Lucia in Lucia di Lammermoor en Elvira in I puritani. Ek het geleer van opoffering, onvoorwaardelike liefde,hoe jy soms moeilike omstandighede moet hanteer. Dikwels het die vroue ’n oomblik van ontvlugting in hul waansin- tonele gevind en die komponiste het die karakters se hartverskeurende pad tot hul dood op die mooiste manier vasgevang.

Pretty in haar element op die verhoog. FOTO Instagram / Pretty Yende

3. Musiek het bygedra tot hoop in ’n pandemiewêreld. Hoekom is hierdie medium so belangrik?

Musiek is goed vir die siel. Dis broodnodig. Dit kan ons gerusstelling bied, vrede gee . . . al kry ons geldelik swaar, al is ons hoe hard getref, al gaan ons deur die donkerste tye. Musiek . . . die kunste kan ons deur hierdie moeilike stuk geskiedenis dra.

FOTO Instagram / Pretty Yende

4. Jou jonger suster, Nombulelo, het ook tot die operawêreld toegetree. Hoe voel dit om te weet sy volg in jou musikale voetspore?

Ek is so trots op haar en kan eerstehands getuig dat haar gawe merkwaardig is. In ons internasionale operagemeenskap vier ons reeds haar talente. Ek kan nie wag om te sien hoe sy, uit eie reg, floreer nie.

5. Die operasangeres en aktrise Lynelle Kenned vra: Wat was die uitdagendste deel van jou suksesverhaal en watter raad sou jy vir jouself in die begin van jou loopbaan wou gee?

Selfs met al die ondersteuning van my familie, geliefdes en aanhangers, was die moeilikste om myself gemotiveerte hou, te oortuig om nie op te gee nie, veral in ’n wêreld waar enigiemand kan sê jy doen dit of dat verkeerd. Ek weet waartoe ek in staat is, ek weet dis ’n gawe wat vir my gegee is. Juis daaroor moet ek my sukses nie net bou op wat die wêreld as sukses beskou en goedkeur nie, maar ook op die klein gevegte wat ongehoord oorwin word. Die klein veranderinge wat my beter maak ...wat net ek en die mense naby my sal raaksien. Al hierdie dinge dra by tot die geheel van my groeiende loopbaan.

Die opera-sanger en aktrise Lynelle Kenned het spesiaal vir Pretty ’n vraag gevra. FOTO Instagram / Lynelle Kenned

Lees ook wat die ander ikone sê:

Koos Kombuis

Denise Newman

Anna-Mart van der Merwe

Dr. John Kani