SARIE Voorbladgesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish’d.

Wat is jou verhouding met jou vel en hare?

Ek glo vas as ’n vrou se hare en vel goed versorg is, is sy meer confident. Daarom het ek ’n baie goeie verhouding met my vel en hare. Ek versorg dit elke dag.

Hoe bly jy positief oor die toekoms?

Ek het geleer dat die lewe nie maklik en seepglad is nie. So wanneer ek myself in ’n moeilike situasie bevind, probeer ek altyd dink wat ek daaruit kan leer ... in stede van om net die sleg sien. 

Wat is die grootste les wat die lewe jou geleer het?

Jy kan elke dag opstaan en besluit hoe jy die dag gaan aandurf. Die sleutel tot jou geluk en sukses is in jou hande.

Hoe beskryf jy “selfsorg”?  En hoe pas jy dit toe in jou eie lewe?

Selfsorg is net nie wat ons buite sien nie, maar ook binne. Is ons kind teenoor onsself? Sê ons vir onsself ons is mooi, praat jy goed oor jouself? Ek versorg my uiterlike met produkte en lekkerruikgoed, maar binne bou ek myself met mooi woorde op.

Wat is jou boodskap aan jou jonger self?

Jy hoef nie alles op ’n jong ouderdom uitgewerk te hê nie, geniet die lewe en neem elke oomblik in.

Hoe het die pandemie jou lewe beïnvloed? En wat het jy gedoen om kop te hou in dié tyd?

Dit was ’n drastiese verandering – voorheen was ek altyd buite die huis  ... besig om te werk of om te sosialiseer. Die pandemie het my ’n paar goed laat besef, maar die belangrikste is dat tyd met jouself is net so belangrik as om tyd met ander deur te bring.

En wat het jy gedoen om kop te hou in dié tyd?

Ek’t tyd spandeer met myself en huismense spandeer, geoefen, nuwe resepte probeer en baie  meer tyd gehad om met God te praat.

Ontmoet die res van die SARIE Voorbladgesig Top-10 hier