1. Hoe was dit om saam met Nina Swart op Die Boekklub te werk?

Dit was so ’n verrassing om saam met Nina te werk. Vir jare het ek haar net geken as haar 7de Laan-karakter, toe ek haar en Pierre van Pletzen op Die Boekklub-stel sien, het dit soos ’n  vol sirkel oomblik gevoel. Nina het ongelooflike energie, sy het hierdie vermoë en vaardigheid om almal te laat lag  ... te verbind tydens die opname. Toe ek in Merweville aangekom het, het ons Julia [haar karakter in Die Boekklub] se liedjies opgeneem ... die manier waarop Nina my veilig laat voel het, was baie spesiaal. 

 

2. Vertel meer oor jou karakter. Wat kan kykers verwag?

Dokter Julia is ’n ongelooflike hardwerkende en ernstige persoon. Sy dra die wêreld op haar skouers. Haar liefde vir haar gemeenskap en passie om te sing, vir diegene wat dit nodig het, maak haar innemend. Sy glo dat sy egter nie foute mag maak nie of enigsins tyd vir haarself kan neem nie. In die loop van die seisoen sien ons dat geloof uitgedaag word deur ’n sekere karakter en liefde. Ongelukkig maak Julia twee groot foute en is baie hard op haarself.

 

3. Vir elke mens beteken die Karoo iets anders. Hoe voel jy oor die Karoo en wat ontlok dit by jou?

Die Karoo maak my rustig. Dit bring my rustigste en sorgvryste eienskappe na vore. Ek was nog altyd lief daarvoor om in die natuur te wees en het altyd voordeel getrek uit stilte en alleenwees. Om in daardie omgewing te werk, veral tydens 'n pandemie, was ’n geskenk. Dit was heerlik om veilig genoeg te voel om alleen rond te loop. Om al die sterre in die lug saans te sien, voel so kalmerend. Ek en Jana (Cilliers) het ’n huis gedeel, dus dit was ongelooflik om tyd te spandeer om haar te leer ken en haar insigte oor die lewe en die bedryf te hoor.

4. Watter onthou-oomblik op Die Boekklub-stel kan jy met ons deel?

’n Baie spesiale oomblik het gebeur toe ek in Merweville van stel af huis toe gestap het. Daar was ongeveer ses of sewe kinders (sommige op fietse) wat die hele pad saam met my geloop het. Hulle het my herken van ’n show wat ek voorheen gedoen het en was so opgewonde dat ek by Die Boekklub aangesluit het. Die trots wat hulle uitgespreek het, terwyl hulle saam met my gestap het, was ’n mooi en nederige herinnering dat die verhale wat ons vertel, meer lewens beïnvloed as wat ons ooit besef. Ek is weereens ontroer deur die krag van storievertelling. Nog ’n  snaakse verhaal was van toe ons op Stellenbosch geskiet het. Dit was die episode waarin karakters aantrek vir Halloween. Ek en twee ander akteurs (een geklee as ’n vampier en die ander ’n mummy) het ’n koffie by die kafee om die draai gaan haal. Eers toe ons halfpad was, besef ons dat mense staar en dat ons miskien ’n bietjie vreemd lyk!

5. Plaaslike reis is ons voorland en meer mense durf die langpad aan. Wat is volgens jou drie plekke wat Suid-Afrikaners gerus kan besoek? 

Daar is so baie plekke om in Suid-Afrika te reis. Ons het Klein Karoo 2 in die Swartberg geskiet. Dit was besonders! En as jy een van die beste Waguy-burger wil eet, besoek De Kombuys Estate. Dis net ongelooflik! Dan is daar natuurlike Hartbeespoortdam in die Noord-Wes. In die Kaap is daar plekke soos Alluvia-wynlandgoed, Babylonstoren en Delaire Graff moet-sien-plekke.

 

6. Watter mantra of sê-ding het jy wat jou help om kop te hou en positief te bly in die moeilike/onsekere tye?

Ek het soveel verskillende aanhalings wat ek insiggewend en nuttig vind. Wat ek baie vir myself sê is om net dag vir dag, een oomblik op ’n slag te neem. As ek oefen om teenwoordig en dankbaar te wees, vind ek dat ek die lewendste is en verbonde is aan myself en ander.

7. Watter drie velsorg-wenke of geheime kan jy met jou aanhangers deel?

* Drink meer water en kry vitamines in.

* Slaap genoeg. Luister na jou liggaam. Jou vel reageer op hoe goed jy na jouself omsien!

* Vind uit wat jou veltipe is en wat dit spesifiek benodig. Ek gebruik tans Celltone Skin Care Tissue Oil vir my gesig. En ’n tuisgemaakte lyfskrop van bruinsuiker en kokosneutolie.

 

8. Watter lesse het hierdie onsekere tye jou geleer? En wat koester jy nou opnuut?

Om my lewe regtig te waardeer. Om die vriendskappe en verhoudings wat ek het, te waardeer. Om my liefde doelbewus en ernstig uit te druk. Om aan te hou om hard te werk en my doelwitte na te streef, maar onthou hoe vlugtig die lewe is. Die belangrikste is dat ek daaraan herinner word dat ek nie beheer het nie. Dit was 'n bevrydende les. Ek is ongelooflik dankbaar daarvoor.


9. Enige opwindend projekte in die pyplyn? Iets waarop jy kan uitbrei?

Klein Karoo 2, my eerste romantiese komedie, kom binnekort uit en ek is so opgewonde daaroor. Ek kan nog nie oor die ander projekte praat nie, maar in 2021 sal julle my in vier verskillende produksies sien as ’n speurder, ’n reeksmoordenaar, ’n nuwe ma en ’n jong, verliefde tiener in vier verskillende produksies!