“Ná die gebeure van verlede jaar het ek die titel van muse vir myself toegeëien. In die Griekse mitologie se oorspronklike betekenis van kragdadige medeskepper.”
Einde 2019 is aktrise Trudy van Rooy se pa oorlede, en met die uitbreek van die pandemie was sy reeds gesout in onverwagte ellende. Die grendeltyd was ’n geleentheid om tot verhaal te kom, maar ook om haar kreatiewe ritme te vind. “Net deur in voeling te wees met myself sal my lewe ontvou soos dit moet.”
Nadat haar tienerdroom in 2013 waar geword het toe sy vlugtig teenoor Hollywood-ster Orlando Bloom in die oorlogsfliek Zulu gespeel het, lyk dit inderdaad of groot dinge vir haar bestem is.