Die afgelope paar weke het kykers die Adendorff-familie van die plaas Nêrens beter leer ken. Drie broers, Frans, Ronnie en Andries loop elkeen met seer rond ná die dood van hul Nederlandse ma, Katja. Boonop is hul pa, Lourens, so verweef in sy eie pyn en seer dat hy verleer het hoe om met elkeen van hulle te kommunikeer. SARIE.com het met drie akteurs van die reeks Nêrens, Noord-Kaap gesels.
Hier is Shana se storie.
Sedert sy agt jaar oud was, wou Shana Mans ’n aktrise word. Sy wou uit haar eie vel uitklim en in iemand anders se skoene staan, hulle probeer verstaan … leer ken. Dit was ook ’n manier vir haar om te ontsnap vanuit ’n wêreld vol reghoeke en reguitlyne.