Die aktrise Rehane Abrahams, wat Wendy vertolk, moes gou leer om ’n krokodilvel aan te trek.
“Die grootste uitdaging tot dusver was hoe om die reaksie van die kykers te hanteer,” vertel sy.
In die begin het die haat vir die karakter, van veral Facebook-aanhangers, haar aangetas. “Maar ek’t geleer om net uit die comments section te bly en my nie te steur aan hoe persoonlik hulle raak nie.”