Verbode liefde, moord, familie-intrige. Wat sou kykNET & kie se eerste Afrikaanse telenovelle, Arendsvlei, daarsonder wees?
Wanneer Maria Valente de Almeida voor die kamera dierol van Samantha Abrahams op dié fiktiewe dorp op die Kaapse Vlakte vertolk, is sy op haar gelukkigste. Maar dis harde werk, veral sedert die sepie nou vier dae ’n week op die kassieis. “2020 het my gewys wat waarlik belangrik is. Dat harde werk altyd die sleutel tot sukses is. Dat familie álles is. My familie motiveer my om nog harder te werk om hulle trots te maak.”
2020 het haar uitkyk en aksieplan vir die nuwe jaar geslyp. “Ek wil ’n vaste inkomste bly verdien, Covid-19 het gewys hoe onvoorspelbaar die lewe is . . . Ek wil nuwe uitdagings aanpaken skep.”