#SARIEvoorbladgesig is trots geborg deur Isa Carstens Akademie en INOAR

Wat is jou planne vir die feesseisoen?

Hierdie feesseisoen wil ek tyd saam met my familie en naaste vriende spandeer. Ons Kers-tradisie is om op Kersdag hopeloos te veel kos op die tafel te hê, en beestong met soetmosterd is ’n moet! Kersfees is ook nie Kersfees sonder my ouma se tuisgebakte vrugtekoek nie. Dit het ’n sterk brandewyn-smaak, en sy koop die brandewyn al vroeg in die jaar vir dié gebak. 

Bianca Bezuidenhout
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green

Wat is jou planne vir die nuwe jaar?

Ek stel baie belang in landbou en boerdery en my pa het met beeste geboer. Ek het twee beeste vir my verjaardag gekry – dit is darem ’n begin! As dit die Here se wil is, sal ek graag volgende jaar wil begin boer met stoet beeste. 

My nuwejaarsvoorneme is ook om meer te fokus op my studies. My wens vir die jaar wat voorlê is dat God ons familie sal bewaar en beskerm, en almal gesond sal hou. 

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Jy het vanjaar vir die eerste keer ingeskryf?

Ek was aanvanklik bang vir die groot platform. Ek studeer onderwys, en besef toe dit is eintlik die ideale geleentheid om jongmense te inspireer. Baie hoërskool-leerders dink hulle is nie goed genoeg nie, ek was ook daar, maar nou kan ek hulle hiermee motiveer om in hulself te glo.

Wat het jy nuut geleer vandat jy jou Voorbladgesig-reis begin het? 

Ek het geleer dat ek goed genoeg is – nes die #JyIsGenoeg hashtag sê! Nadat ek die top-10 gehaal het, het baie mense vir my geluk gewens. Ek het op dié manier geleer dat daar o? op my is. Voor die kompetisie het ek nie gedink mense let op nie.

Die Voorbladgesig-reis het my ook weereens laat besef watter groot eer dit is om deel te wees van die top-10. Dit is ’n groot hoogtepunt in my lewe, iets waarvoor duisende ander vroue ook droom. Daarom is dit ’n voorreg! 

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Watter verhouding het jy met jou vel en hare?

Skoonheidsbehandelings laat my altyd so rustig en spesiaal voel. Ek voel dis my-tyd. Ek het gelukkig nie vel-probleme nie, en daarvoor is ek baie dankbaar.

My haarstyl is nes ek – altyd in plek en netjies. Toe ek nog jonger was, wou ek altyd dunner hare gehad het sodat ek meer goed daarmee kon doen, maar nou geniet ek my dik hare so baie. Ek het geleer hoe om dit te hanteer en op watter maniere ek my hare kan dra.

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Hoe bly jy positief oor die toekoms?

Ek het baie drome wat ek nog wil bereik, en dit hou my positief vir die toekoms! Hoe sal ek negatief kan wees as daar so baie hoop op die horison wag. My gunsteling-aanhaling is: “Gister is verby, more is nie gewaarborg nie. Gaan volheid vir jou drome want jy is goed genoeg.”

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Die lewe is besig! Is selfsorg vir jou belangrik? 

Selfsorg is baie belangrik vir my, want hiermee skep ek balans in my lewe. Ek herlaai my liggaam en siel deur familie-tyd. Ek luister ook na my liggaam as sy vir my sê sy is moeg. 

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Wat beteken SARIE vir jou?

SARIE is baie belangrik in my lewe. Dit leer vir my lesse, dit voel my siel en dit laat my ontspan. Hou so aan SARIE! 

Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING F
Bianca Bezuidenhout FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Wat beteken Afrikaans vir jou?

Afrikaans is my moedertaal en dís wie ek is. Al is ek Engels en ’n bietjie Zoeloe magtig, is Afrikaans as taal my gunsteling. Ek droom, bid en dink in die taal. Buiten dat dit my moedertaal is, is ek so lief vir die taal omdat dit so sag op die tong is. Dit is ’n jong taal, maar goed ontwikkel en so beskrywend. My gunsteling-woord in Afrikaans is “liefde”, want die Bybel leer ons dat sonder liefde het ons niks nie. Die woord dra soveel betekenis!