Maar haar pad na sukses was nie maklik nie. Gebore as Robyn Rihanna Fenty op Barbados het sy arm grootgeword, met ’n dwelmverslaafde pa wat haar ma mishandel het. In 2009 was syself in ’n mediastorm toe sy deur haar destydse kêrel, rapper Chris Brown, aangerand is. Maar sy het aanbeweeg: Met ’n eie skoonheidsreeks, Fenty, in 2017, in 2018 haar onderklerereeks, Savage X Fenty, ’n rol in die Hollywood-lokettreffer Ocean’s 8 . . .

Verlede jaar is sy deur Forbes aangewys as een van die 100 invloedrykste vroue ter wêreld, haar netto waarde $550 miljoen. Maar dis haar groot hart wat haar laat uitstaan. Tydens lockdown het sy miljoene geskenk aan slagoffers van huishoudelike geweld en om die pandemie te beveg.

Die wêreld is verlief op dié 33-jarige en ons kan nie wag om te sien wat sy volgende vermag nie.

Hoor wat sê onse Glam Guru, Hannon Bothma, oor Rihanna:

“Vir inspirasie ten opsigte van nuwe tendense, kyk ek graag wat sangeresse Miley Cyrus en Rihanna doen om gereeld splinternuut te lyk. Nie een van die twee is bang om elke nou en dan heeltemal weg te breek van hoe hul aanhangers hulle ken nie. Miley se nuutste haarstyl wat ek gesien het, was ‘n “mullet” – kort bo en langs die kante en lank agter,” sê hy.

Rihanna is ook ’n verkleurmannetjie. “Sy het nog een oomblik lang meerminlokke gehad en skielik was die hare kort weggeskeer langs die kante met ’n astrante mohawk bo-op die kop.”

Vyf musiekvideo’s van Rihanna

Rihanna se “Diamonds”

Rihanna se “Only Girl (In the World)”

Rihanna se “Umbrella”

Rihanna se “Stay”

Rihanna se “Russian Roulette”