“Ek wil myself nie meer terughou nie. As iets te moeilik is, moet ek net aan meer kreatiewe maniere dink om dit makliker te maak, want ek weet ek kan.”
Aktrise Reze-Tiana Wessels is optimisties en glo dat sy in staat is om enigiets te vermag. Daar is verskeie prestasies waarop sy trots is. Een daarvan is haar rol as Nina de Wet in die nuwe kykNET-telenovelle Diepe waters. “Dis beide ’n uitdaging én vreugde om nuwe karakters te vertolk wat heeltemal die teenoorgestelde is van wie ek as mens is.”
“Nina is skaam en ’n teruggetrokke karakter, vreeslik intelligent. Sy is ’n goeie vriendin om te hê en is vreeslik lief vir die mense om haar,” verduidelik Reze-Tiana. “Die ervaring op stel is baie lekker. Almal werk so lekker saam,” voeg sy by.