Hy is ’n idioot, maar Armand Aucamp hou eintlik van hom ... wel, soort van.
“Dis nie ’n likeable karakter nie,” lag hy. “Die eerste keer wat ek die teks gelees het, het ek gedink: ‘Jis, hy is ’n n**l.’ Maar eintlik is dit fun om vir ’n slag ’n karakter te speel van wie nie almal hou nie. Dis heerlik!”
Dinsdag gaan Armand weer in die kykNET-reeks Fynskrif te sien wees as die popster Ivan Nel, ’n rol wat hy ook in die eerste seisoen vertolk het. En arme prokureur Dolf Ungerer (Charlton George) moet weer tot sy redding kom.