Donnalee en Ivan het pas aangekondig dat hulle ’n seuntjie verwag! Ivan het ’n sonar op Instagram gedeel en roerend onder aan geskryf: "die dokter sê jy waai, maar ek weet jy oefen al jou high fives. Vir jou eerste stap, jou eerste fietsry, jou eerste soen, jou eerste reis, jou eerste werk, jou eerste kind, en so gaan die lys aan. Ek kan nie wag om jou te ontmoet my seuntjie!"

Die glanspaartjie het in September eksklusief met SARIE die goeie nuus van Donnalee se swangerskap gedeel. 

“Ek het die lieflikste verhouding en beste vriendskap met my ouers, dit het gemaak dat ek my lewe lank al droom van ma word,” het Donnalee aan SARIE.com vertel. “Ivan is die beste pa en sy wonderlike verhouding met Amélie [sy dogter] inspireer my elke dag.”

Ook Ivan se hart loop oor. “Ek is verlief op die gedagte om ’n baba saam met die liefde van my lewe te hê. Donnalee is gebore om ’n ma te wees en ek kan nie wag om saam met haar hierdie hoofstuk in ons lewe te begin nie.”