Sy het haar lewe lank daarvan gedroom om eendag ’n ma te word. En nou op 35 gaan Donnalee Roberts uiteindelik haar eersteling kan vashou. ’n Seun, Cameron Ivan, vir wie sy so lief is.
“Jou kind is die enigste een wat weet hoe jou hartklop van binne af klink. Is dit nie ongelooflik nie! Hier’s ’n tipe liefde in my wat ek net nie kan beskryf nie. Niemand kan jou voorberei nie.”
Maar sy sou niks aan hierdie lewenshoofstuk wou verander nie. “Ek is so dankbaar dat ek nou eers op hierdie ouderdom, in hierdie tydperk van my lewe, swanger geraak het. Ek sou dit nie anderste wou hê nie. Ek is gemaklik in my hele wese. Ek is vergenoegd.”