“Ek is steeds verlief en in die wolke! Ek het ook nou met ’n nuwe reeks klaargemaak en hou my nou besig met nuwe avontuur-planne,” vertel Francois opgewonde.
En sluit sy nuwe avonture Hollywood in.
“Die antwoord is altyd ja. Ek het al internasionale werk gedoen, maar die regte geleentheid sal op die regte tyd kom. Ek jaag dit nie na nie. En daar is so baie internasionale produksies wat hier in Suid-Afrika skiet . . . Hollywood lê dalk net om die draai!”