Sy noem haarself ’n plain jane. “Ek sal nie sommer my hare wild kleur nie,” erken die bekroonde aktrise Cintaine Schutte. Maar toe ’n rol oor haar pad kom en dié se hare moet blond wees, het die donkerkop net gedink: Hoekom nie?
“Ek moet sê dit was lekker vir die rol – dit dra by tot die karakter,” sê sy aan SARIE.com. En wat dink manlief, Carel Nel, daarvan? “O, hy is mal daaroor!”
Maar Cintaine is nie seker of sy vir lank blond gaan bly nie. “Dit was vir die rol, waaroor ek nie mag uitbrei nie ... Ag, ek sal nog sien! Maar dis lekker, die verandering is goed.”