Albei jonk, talentvol. Ons ken Marguerite van Eeden en Greteli Fincham vir hul rolle voor die kamera. Maar albei is ook kranige fotograwe wat naam maak met elke klik en kiekie. Liani Jansen van Rensburg het by dié boesemvriendinne gaan inloer. En boonop het dié twee mekaar spesiaal afgeneem vir SARIE se Julie/Augustus 2021-uitgawe.
LEES MARGUERITE VAN EEDEN SE ONDERHOUD.
Die belangrikste les tot dusver is om aanpasbaar te wees. Meeste van die tyd werk jy ongeveer twaalf uur per dag en jy kry net een dag af. Dit beteken jy moet al jou side hustles, familie, vriende, persoonlike admin en jou slaaproetine laat inpas en aanpas by jou werk. Jy het ook nooit ’n vaste roetine nie, elke dag is vars en nuut – dit hou jou op jou tone. My persepsie van die bedryf het baie verander! Toe ek jonger was, het ek net die glitz en glamour gesien, maar nooit die harde werk wat agter die skerms gebeur nie. Nou het ek soveel meer respek vir almal. Dis lang ure se werk, verg baie emosionele voorbereiding en is glad nie so glansryk soos wat dit lyk nie. Dit was ook vir my ongelooflik om te sien hoe plat op die aarde meeste van ons akteurs in die Afrikaanse bedryf is.