Ilne Prinsloo het tydens verlede jaar se Boer soek ’n vrou nie net kykers bekoor met haar breë glimlag en warm geaardheid nie, sy het ook boer Graham van Cradock se hart gesteel. Dié TV-paartjie is al vanaf Augustus in ’n gelukkige verhouding.

Toe Ilne onlangs model speel vir ’n gestileerde fotosessie, was dit duidelik dat sy net so gemaklik is in ’n ontwerpersrok as in jeans op die plaas. Sy straal van selfvertroue. Sy vertel in 2019 het sy groot lesse geleer oor aanvaarding, nou wag ’n nuwe hoofstuk in haar lewe.

FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography

“Ek sien baie uit na avonture saam met Graham ... hierdie is ’n groot jaar vir ons. Ek vang in Maart graad, doen nou my honneurs in bedryfsielkunde deur Unisa en gaan deeltyds saam met Graham se ma spyseniering op Cradock doen,” vertel sy aan SARIE.

2019 was ’n jaar waarin Ilne insig gekry het oor aanvaarding en eiewaarde. “Ons almal het ’n inherente behoefte om iewers te behoort en raakgesien te word. Die behoefte is nie noodwendig sleg nie, maar ons kan in die soeke na aanvaarding heeltemal onsself verloor. Ons koop klere waarvan ons nie hou nie, ons studeer in ’n rigting wat nie ons passie is nie, ons compromise ons waardes en verlaag ons standaarde om aanvaar te word.

“Die probleem is dat ons nooit werklik gelukkig is met onsself nie. Ons aanvaar onsself nie onvoorwaardelik nie en verstaan nie ons identiteit in Christus nie. Ons soek dit konstant by ander mense en selfs in materiële dinge. Dis ’n gejaag wat nooit ophou nie, want dit word heeltyd bepaal deur veranderlikes. Ons moet leer dat ons identiteit nie afhang van wat ander van ons dink of sê nie, en lief raak vir wie God ons gemaak het om te wees.”

FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography

Ilne wil in 2020 haar nuwe platform, haar liefde vir mense en kennis in bedryfsielkunde gebruik om ander te bemagtig. “Ek het ’n groot passie vir mense en wil graag ander vroue inspireer om die beste weergawe van hulself te wees en hulself nie konstant te vergelyk met ander nie.

“Elke mens het ’n roeping, maar die beroep waarin ons is gee ons nie altyd die geleentheid om ons roeping te vervul nie. My droom is om mense deur werksessies en voorligting te help tot daar waar hul werk en hul passie verweef raak.”

Die fotosessie is juis die resultaat van mense wat danksy ’n gedeelde passie saamwerk. “Esje’s Design [op Potchefstroom] het my genader om saam met hulle ’n gestileerde fotosessie te doen. Dit was ’n wonderlike geleentheid vir plaaslike verskaffers om goeie verhoudings te bou, lekker kreatief te wees en saam iets moois te skep.”

FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography

Haar nuwe lewenshoofstuk saam met Graham, en Valentynsdag wat wink, was die inspirasie vir die romantiese fotosessie by die Ou Grimbeekhuis op Potchefstroom.

“Ek en Graham is baie gelukkig saam. Ons leer mekaar nou goed ken en geniet die tye saam. Ons skaaf lekker aan mekaar soos in enige gesonde verhouding, maar wil graag hê ons verhouding moet altyd ’n veilige plek wees waar ons saam in ’n span is. Hy is baie goed vir my en ek eer hom vir die man wat hy is.”

FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography

Ilne is dankbaar dat sy die kans gewaag het om op Boer soek ’n vrou te verskyn. “Dit was beslis die moeite werd om deel te neem. Ek het so baie van myself en van ander geleer en boonop liefde gevind! Dit is ’n wonderlike platform wat beslis suksesstories het.”

Sy beklemtoon dat voornemende deelnemers die regte benadering moet hê. “Besef dat jy nie ‘minder waardevol’ is wanneer die boer jou nie kies nie, en as jy werklik die beste vir hom en vir jouself wil hê, dan is jou kop deur. Daar is niks fout met jou of met die boer se keuse as hy jou nie kies nie. Dit is dan net nie jou storie nie en dit moet glad nie jou eiewaarde bepaal nie. Hou dit in gedagte, waag die kans en skryf in. Jy ontmoet ongelooflike mense, en dit is ’n wonderlike leerproses!” 

Loer hier na die romantiese fotosessie:

FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
FOTO Merlot Photography
Ilne
FOTO Merlot Photography