SARIE Voorbladgesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish’d.

FOTO: Instagram / Johanika Botha
FOTO: Instagram / Johanika Botha

Wat is jou verhouding met jou vel en hare?

Ek is geseënd met 'n mooi vel, maar in dieselfde asem moet ek noem dat ek steeds moeite doen om mooi na my vel te kyk. Uit die son bly en elke dag sonblok aanwend is my wenresep. My hare is egter 'n ander saak..daar koop ek elke moontlike produk om my natuurlike krul so veel moontlik te bevogtig.

Wat is jou boodskap aan ander vroue?

Wees ingestel op jou eie geesteswelstand. Doen wat nodig is om seker te maak jou grense is mooi in plek. Dit is net so nodig soos daai oogroom en gereelde tandartsafspraak!

Wat is jou boodskap aan jou jonger self? 

Jy het als wat jy nodig het reeds in jou! Hou op bekommer oor wat ander mense sê en dink … en dis oukei om soms nie oukei te wees nie.

FOTO: Instagram / Johanika Botha
FOTO: Instagram / Johanika Botha

Hoe beskryf jy “selfsorg”? Hoe pas jy dit toe in jou eie lewe?

Selfsorg begin met ’n liefde en respek vir jouself. Met die aanvaarding en verstaan dat net jy, self, verantwoordelik is vir hoe jy na jouself kyk. Vir my behels selfsorg die eenvoudige taak om my grimering af te was voor ek gaan slaap, daai ent te gaan stap en ’n ingestelde sielkundige afspraak om seker te maak dat ek omsien na elke aspek van my menswees.

Wie is jou grootste bron van inspirasie?

My kinders inspireer my om dit te leef wat ek so mildelik aan hulle probeer leer. Om nederig te wees en om verskoning te vra indien jy verkeerd was, om vinnig te kan vergewe en aan te beweeg. Om lief te hê en dit nie te berou nie, selfs al is die prys om te rou.

Hoe het jy geleer dat #JyIsGenoeg?

Deur onuithoudbare verwerping wat ek nooit sien kom het nie. Dit het my gedwing om te soek na wie en wat ek is. Waarvoor ek staan en wat vir my belangrik is. Wat ek bereid is om te verdra en hoekom. Deur daardie proses het ek geleer dat ek genoeg is.

Ontmoet die SARIE Voorbladgesig Top-10 hier