1.  Wat het jou aangetrek tot die reeks Siende Blind en jou karakter Lena Schoeman?

Ek is ’n reuse aanhanger van Tertius Kapp. Toe ek sien hy het die teks geskryf, het ek gegil van pure opgewondenheid. Die subject matter is iets wat my vreeslik intereseer. Wat dryf mense om reeks moordenaars te word? Lena se off kilter, donker sin vir humor, haar empatie vir gebroke mense, haar vreeslose geloof in haar eie intuïsie, was maar net van die karakter-eienskappe wat my halsoorkop op haar verlief gemaak het. Lena se karakter is losweg gebaseer op Micki Pistorius, die eerste profielsamesteller in Suid Afrika. Haar boek Catch me a killer was ’n ongelooflike bron van inligting.

2. Het dit close-to-home gevoel dat die reeks tydens inperking afspeel? En het Covid-19 te ware ’n derde karakter geword wat bygedra het tot die spanning van die reeks?

Die inperking het geweldige uitdagings vir die kunste gebring en daarom was dit ongelooflik spesiaal dat ons die geleentheid gegee is om saam hierdie incredible storie te kon vertel. Ja, dit het close-to-home gevoel dat dit tydens inperking afspeel. Indirek het dit n ongelooflike uitlaatklep geword vir ieder en elk van ons se verwarrende emosies wat inperking gebring het. Elke karakter ervaar die inperking anders en die onnatuurlike druk wat dit op die verskillende persoonlikhede van die karakters plaas bring interessante gedrag tot die oppervlak.

 

3. Jou karakter Lena Schoeman is ’n profielsamesteller. Stel jy ook belang in die psige en sielkunde van die mens? Wat is die een ding wat jy by jou karakter en haar beroep geleer het?

Die psige en die sielkunde van die mens fasineer my nog altyd en dit is hoekom ek so lief is vir die bedryf. Elke storie en karakter gee jou die geleentheid om jouself en die mense om jou  beter te verstaan. Die een ding wat ek by Lena geleer het is dat jy gewillig moet wees om tussen die lyne te leef as jy die grys areas van menswees wil verstaan.

 

4. Hou jy van misdaad-dokumentêre? Indien ja, watter drie kan jy voorstel vir lesers.

Die enigste True Crime-dokumentêr wat ek al gekyk het is Conversations with a Killer: The Ted Bundy Tapes. Andersins geniet ek crime series en hierdie drie was inspirasie vir die rol.

1. Mindhunter

2. The Sinner

3. True Detective

 

5. 2020 het nie net die wêreld tot stilstand gedwing nie, maar ook gesorg vir introspeksie en selfrefleksie. Wat het jy oor jouself geleer gedurende hierdie uitdagende tyd?

Mens se prioriteite en moral compass is kans gegee om te re-set. Ek het geleer om groter empatie en baie meer geduld in my allerdaagse lewe toe te pas. Ek het eenvoud meer begin waardeer en die vermoë om te kan lag vir jouself en die absurditeit van die lewe. Dit hou mens sane.  Ek het besef hoe bevooreg ek is om n werk te hê, om familie te hê en om gesond te wees.

 

6. Watter opwindende projekte lê voor vir die nuwe jaar?

Ek kom hoofsaaklik uit n teater agtergrond en sodra Covid ons die groen lig gee, hoop ek om gou weer by feeste en in teater te werk. Siende Blind is my eerste groot TV-rol en ek sien uit om meer in hierdie medium te werk. Ek doseer ook by AFDA en ons sien uit om hopelik volgende jaar weer voltyds terug te wees op kampusEk het ook nounet leer scuba en geniet solank al die damme rondom Gauteng voor ek die see gaan aandurf.

 

7. Wat is die een sê-ding waaraan jy altyd koester as jy deur storm waters gaan?

Ek het eendag op die uittreksel uit Aldous Huxley se boek Island af gekom. Dit bring vir my berusting.  Hierdie is die korter weergawe: It's dark because you are trying too hard. Lightly child, lightly. Learn to do everything lightly. Yes, feel lightly even though you're feeling deeply. Just lightly let things happen and lightly cope with them. So throw away your baggage and go forward. There are quicksands all about you, sucking at your feet, trying to suck you down into fear and self-pity and despair. That's why you must walk so lightly. Lightly my darling.