Sy mag nie veel verklap nie ... Maar dinge is steeds wankelrig tussen Nicci en haar sakevrou-ma, Bridgette Jacobs (Denise Newman). “Dis nie smooth sailing van die begin af nie. Daar is baie unresolved issues, maar bloed is dikker as water soos hulle sê.”
Vir Gerwen was dit ’n lekker ervaring om weer op die bekende sepie-stel te kon kuier, veral ná ’n moeilike jaar soos 2020. “Ek het amper glad nie gewerk in lockdown nie en ewe skielik het ek vier jobs in ’n maand losgeslaan. Ek is excited vir toekomstige projekte!”