book-icon Uitgawe Januarie/Februarie 2021
Deel

Klas van 2001 se Christo Davids hoop sy oupa was trots

akkreditasie
FOTO’s Verskaf (links),  Instagram/ Cindy Davids
FOTO’s Verskaf (links), Instagram/ Cindy Davids

Stilsit was altyd ’n probleem. “Ek het miere in my broek gehad. Op skool was ek die class clown wat altyd in die moeilikheid was.” Al het hy sy onderwysers grys hare gegee, was akademie Christo se sterk punt by die Kairos Senior Sekondêre Skool op Heidelberg in die Wes-Kaap. Hy was veral lief vir tale. Hy het ook krieket en sokker gespeel, maar beskou homself nie as ’n legende op die sportveld nie. “Rugby speel ek tot vandag toe nie! ‘Average’ is ’n gróót woord as dit by sport kom.” Teen die tyd wat hy in matriek was, was hy wel reeds in ’n klomp televisiereekse en toneelstukke te sien.

Hy het LLB aan die Universiteit van Wes-Kaapland studeer, al was hy die naasoudste van ses kinders uit ’n bekende akteursfamilie. “My oupa Goliath [ook ’n akteur] wou nie hê ek moes drama studeer nie. En wanneer hy gepraat het, het almal geluister.” Tog was Christo gedurende sy universiteitsjare gedurig in films of op die verhoog, waar die vervaardigers van 7de Laan hom later raakgesien het.

Sy rol as Errol in dié sepie het sy lewe op sy kop kom keer. Maar al is hy bitter lief vir toneelspel, is skryf sy groot liefde. Onlangs het hy help skryf aan die gewilde kykNET- dramareeks Spoorloos.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees