Jy hoef nie jou paspoort met oorsese bestemmings te vul nie. Maak ’n kopskuif want plaaslike avonture moet glad nie in waarde onderskat word nie. En gelukkig het Suid-Afrika talle reisjuwele om te bied.
Die akteur Irvine van der Merwe, oftewel Nazeem Jacobs in Suidooster, het as kind die hele land gebly. “My pa was ’n skoolhoof en het gereeld nuwe poste aanvaar, ons gesin moes gereeld getrek het. As ek nou terugkyk is ek dankbaar daarvoor . . . ek het die mooiste plekke gesien, die wonderlikste mense ontmoet.”
Hy reken elke Suid-Afrikaner behoort hul eie land te verken. “Ek is lief vir reis . . . om die wêreld te verken. Maar Suid-Afrika staan vir geen land terug nie. Die bosveld, die Vrystaat en die Oos-Kaap. Sjoe, om elke hoek en draai is daar versteekte mooi!”