Halfpad deur 2021 wil sy klaar wees met matriek. En dan doen wat sy régtig wil doen.
“Tuisonderrig maak dat ek baie meer buigsaam is. Ek wil steeds toneelspeel, maar ook op my sangloopbaan fokus. Ek het ’n paar liedjies geskryf wat nou al te lank in my kas lê. Dís die jaar waarin ek dit met ander wil deel.”
Die 17-jarige aktrise Daniah de Villiers weet duidelik waarheen sy op pad is. Sy spog reeds met ’n titelrol in ’n internasionale film, Mia and the White Lion (2018), en plaaslik was sy te sien in tre ers soos Vaselinetjie en Nul is nie niks nie asook in kykNET se Binnelanders.