Deel

KYK: ‘The Voice SA’ se Tasché deel kiekies van haar wittebrood en gesels oor Boxop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tasché Burger
Tasché Burger

Die paartjie, wat op ’n plaas tussen Kuilsrivier en Stellenbosch in die Kaap woon, het jare gelede ontmoet by gemeenskaplike vriende en die koeël was amper dadelik deur die kerk.

“Dit klink dalk nou ’n bietjie weird, maar die oomblik toe ek vir Jo ontmoet wou ek haar storie hoor. Ek was definitief in awe. Ek het net so ’n gevoel gehad dat ons dalk deel van mekaar se storie sal raak,” verduidelik Tasché aan SARIE.com.

Jo-Lene vertel sy was op daardie stadium in ’n plek in haar lewe waar sy baie aan haarself gewerk en introspeksie gedoen het. “Ek het vir Tasché raakgesien, maar was nog nie reg vir ’n verhouding nie, alhoewel ek dadelik verantwoordelik gevoel het vir haar hart,” verduidelik sy.

Oor hul troue sê Tasché “Die dag gaan regtig so vinnig verby. Die dag daarna het ek gewens dat ek net tyd kon terugdraai en alles weer beleef. Legit, dit was die beste dag van my lewe!”

Nadat die paartjie die knoop deurgehaak het aan die begin van Junie vanjaar het hulle vir hul wittebrood na die Suid-Kaap gereis. “Dit was ’n fees! Ons het besluit om nie een dag vooruit te beplan nie en net rustig en in die oomblik te wees. Ons het net ge-chill en wakker geword met die branders wat breek,” vertel Tasché. 

“Die dolfyne het elke oggend en laatmiddag by ons verby geswem. Hulle mission blykbaar vanaf Mosselbaai tot Knysna en terug elke dag. Jo sê dit het gevoel of ons in ’n ander land sit!”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees