As suksesvolle voltydse fotograaf leef Leze Neale-May haar passie uit, maar dit het nie sonder sy uitdagings gekom nie. Gelukkig was daar ander kreatiewe entrepreneurs na wie sy kon opkyk vir inspirasie.

“Hulle het my geïnspireer deur hul passie te volg en hul Godgegewe talente te gebruik. Dit is baie moeilik om vir jouself te werk en jouself te dryf. Dis ook nie maklik om in vandag se ekonomie ’n kreatiewe loopbaan te volg nie.”

Sy moes haar besigheid bou sonder ervaring of geld, maar sy het volhard en vandag het sy haar droomwerk.

“Ek wou altyd vir myself en in ’n kreatiewe rigting werk, en ek het dié droom met my fotografie waar gemaak. Ek hou daarvan om met mense te werk en hul emosies vas te vang. Veral troufotografie is my passie – elke troue is anders, en baie bruide raak vriendinne.”

Leze Neale-May in SARIE se September-uitgawe FOTO
Leze Neale-May in SARIE se September-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

Leze het nog baie drome vir die toekoms. “Ek wil reg oor die land reis en troues afneem. Ek wil die beste troufotograaf in Suid-Afrika wees.”

Nes ander Leze geïnspireer het om haar drome te volg, wil sy met SARIE Voorbladgesig ook  ander vroue aanmoedig om dinge buite hul gemaksone te doen.

“Ek glo dit bou karakter om nou en dan iets te doen waarvoor jy miskien ’n bietjie bang is. Boonop is SARIE so ’n positiewe tydskrif wat die moderne SA vrou uitbeeld.”

Leze het die kans gewaag, en nou is sy voorbladmooi in SARIE se September-uitgawe. “As ek eendag oud is, wil ek kan sê ek het élke geleentheid aangegryp.” Dís haar lewensfilosofie. 

Besoek Leze se fotografie-Instagram-blad hier.

Leze Neale-May FOTO Phyllis Green
Leze Neale-May FOTO Phyllis Green
Agter die skerms met Leze Neale-May FOTO Phyllis G
Agter die skerms met Leze Neale-May FOTO Phyllis Green

Só is Leze voorbladmooi ... 

PARFUUM Jimmy Choo Fever, ’n blomgourmand 

INOAR Haar reeds gesonde hare is met die Speed Blond-reeks behandel om dit nog beter te laat lyk. Divine Curls-stileringsjel by haar wortels skep volume. 

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n omvattende velanalise ontvang en daarna ’n gesigbehandeling propvol antioksidante. 

KALAHARI Elkeen is bederf met ’n lyfafskilfering, voetbehandeling en twee lyfmasserings, asook ’n vitamien C-gesigbehandeling vir ’n helder, fermer vel.

Leze Neale-May, Jimmy Choo
Leze Neale-May met haar Jimmy Choo-parfuum FOTO Phyllis Green
Leze Neale-May, Isa Carstens
Liebné Liebenberg en Leze Neale-May word bederf by Isa Carstens Akademie in Stellenbosch
kalahari
Leze is saam met Xandrie Oosthuizen en Liebné Liebenberg bederf met Kalahari-behandelings by die Cape Grace-hotel in Kaapstad
INOAR se Speed Blond-reeks
INOAR se Speed Blond-reeks
Jimmy Choo se Fever-parfuum
Jimmy Choo se Fever-parfuum

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel