SARIE Voorbladgesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish’d.

Wat is jou verhouding met jou vel en hare?

Ek het glad nie ’n haardroër nie. My hare is baie belangrik en ek hou daarvan om dit natuurlik droog te maak. Ek gebruik goeie salon-haarprodukte en gaan omtrent elke twee tot drie maande vir ’n “trim” en wend dan ook ’n spesiale behandeling aan. Ek is lief vir die natuur en “vit D”, want die son is goed vir jou vel, maar my ma sê altyd: “Waar is jou sonblok?” as ek in die son is. Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en wanneer ek by die huis is, dra ek niks grimering nie. Ek gebruik net ’n goeie oogroom, asook ’n dag- en nagroom.

Het jy voorheen ingeskryf?

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, want ek was nie tevrede met hoe ek gelyk het nie. Ek het besluit genoeg is genoeg en het beter begin eet en by ’n “bootcamp” aangesluit. My selfvertroue het aansienlik verbeter - ek het aanvaar wie ek is, hoe ek lyk en het [daarmee] vrede gemaak. My ma het my gesê van hierdie kompetisie en ek het besluit die tema pas 100% by my en wat ek deurgemaak het - ek ís genoeg.

Wat is jou gunsteling-aanhaling?

My aanhaling in die lewe is eintlik ook die motto waarvoor my familie staan: “Anything in life worth doing is worth overdoing, moderation is for cowards!” Ek gaan voluit in alles wat ek doen. Ek gee nie op nie. Ek druk myself, en dan aan die einde van die dag is ek trots op myself én wat ek vermag het.

Wat is jou boodskap aan ander vroue?

My boodskap aan ander vroue is om die lewe voluit te leef. Die lewe gaan so vinnig verby. As daar iets is wat jy wil doen of wat jy vir iemand wil sê, doen dit! Ek herinner myself daagliks aan die gesegde: “There is no time like the present.”

Wanneer jy die lewe met ’n positiewe houding aanpak, sal goeie dinge gebeur. Dit vat net tyd. ’n Ander boodskap is selfsorg. Hou jou verhoudings en vriendskappe reg met almal, asook jou geloof en die res sal in plek val. Wees trots op wie en wat jy is, geniet die vars lug, lag baie, beweeg en bly gesond en fiks. Sorg dat jy gereeld 'n bietjie me time geniet en pamperlang jouself - dis altyd genoeg om enige iemand weer lus te maak vir nuwe uitdagings. Jy moet jouself eerste liefhê voordat jy ander om jou kan liefhê. Besef dat jy uniek is en moenie probeer om soos iemand anders te wees nie – jy is genoeg! Jy is vrou - en jy is geskape soos God jóú wou hê. 

Wie is jou grootste bron van inspirasie? Hoekom?

My rolmodel is beslis my ma, Tillie. She has the biggest and most caring heart. Die liefde wat sy vir haar familie het, is buitengewoon en net eenvoudig van ’n ander planeet af. Sy sal absoluut enigiets vir ons doen. Die voorbeeld wat sy stel is wat ek gaan voortdra en toepas in my eie huishouding. Sy is altyd besig om iets vir ons te maak wat sy op Pinterest gesien het. Haar hande staan vir niks verkeerd nie – en sy is altyd reg

Hoe het jy geleer dat #JyIsGenoeg?

Gedurende lockdown het ek ongeveer 10 kg aangesit. My selfvertroue was daarmee heen en ek wou nêrens heen gegaan nie. Ek het begin oefen, reg geëet en binne ses maande omtrent 10 kg verloor. Ek was die heeltyd gefokus en het besluit om deur te druk. Ek het besef ek is beter as dit. Ek is die enigste persoon wat ’n verskil en verandering kan maak. Determination never faded. I am beyond proud of myself with who I am today. I was in a horrible headspace, I never wanted to be seen in public unless I was wearing jeans and a long sleeve, I never wanted to go to the beach with my friends, because I didn’t feel comfortable in my own skin. Aan die einde van die dag is die besluit in jou eie hande – wat jy daarvan will maak. Maak die besluit nóú, want jy is baie meer werd as wat jy dink – jy is absoluut genoeg!

Ontmoet die SARIE Voorbladgesig Top-10