’n Woolies Winter-kookstryd met Minki

akkreditasie
FOTO verskaf
FOTO verskaf
Die winter is op ons en nou meer as ooit wil ’n mens mos kos hê wat troos en jou hart warm maak.

Om jou te wys wat jy met min moeite op die tafel kan kry, bied VIA (DStv-kanaal 147) ’n spesiale kookprogram met die geliefde Minki van der Westhuizen as aanbieder: ’n Woolies Winter-kookstryd. Dié program word op Maandag 19 Julie om 17:30 vir die eerste keer uitgesaai.

Saam met haar in die ateljee gaan twee spanne wees wat in drie rondes gaan kyk wie die ongelooflikste winterkos op tafel sit. Span 1 is die bekende Kokkedoor-sjef Nic van Wyk en die bobaasbakker Yolani Abrahams. In Span 2 is dit Clem Pedro, bekende sjef en kosstilis, en die TV-aanbieder Zoë Brown wat gereed staan om hulle ’n ding of twee te wys.

Span 1 kook met net rou bestanddele, terwyl span 2 ’n kombinasie van Woolies se klaarbereide bestanddele en geregte gaan gebruik vir hul spyskaart.

Kykers gaan baie inspirasie kry uit die drie temas: die perfekte weeksaand-ete, tuisgemaakte “kitskos” en ’n winterfees vir die naweek.

En verwag maar dat die spanning hoog gaan loop, want elke span kry dieselfde tyd om Minki se opdragte uit te voer om heerlike kos – wat boonop mooi lyk – voor te sit. Al twee spanne gaan ook moet koes vir ’n onverwagse draaibal wanneer ’n ekstra Woolies-bestanddeel bygesit word wat deel van hul spyskaart moet word. 

Chelesile Moyo, senior bemarkingsbestuurder van Woolworths Foods, sê kykers kan – net soos die deelnemers – al die gebruiklike winter-gunstelinge verwag: sop, stewige bredies, seisoensvrugte en gebakte nageregte. “Of jy graag self kook of net ’n klaarbereide maaltyd in die oond wil druk, ons maak dit vir jou maklik.”

’n Woolies Winter-kookstryd met Minki word aangebied in vennootskap met Woolworths. Kry die resepte uit dié spesiale program in Afrikaans op netwerk24.com (gratis) en in Engels by woolworths.co.za. Maak jou inkopielysie en kry alles wat jy nodig het, vars van die rak by jou naaste Woolies-winkel. Of bly veilig tuis, en bestel aanlyn.

Herhalings word uitgesaai op 21 Julie om 17:30, 23 Julie om 18:30, 24 Julie om 21:00, 25 Julie om 18:30, 26 Julie om 11:00 en 21:00, 27 Julie om 09:00, 28 Julie om 11:00, 30 Julie om 12:30, 2 Augustus om 15:00, 8 Augustus om 20:30 en 9 Augustus om 08:30.

En op Donderdag, 8 Julie, kan jy aansluit by ’n opwindende uur lange aanlyn Woolies-wintermeesterklas met Nic van Wyk, aangebied deur Minki van der Westhuizen.

Kom kry inspirasie en slim planne vir vinnige, maklike en smaaklike maaltye wat kleur en geur aan jou winterspyskaart sal gee.

Moet dit nie misloop nie – Donderdag, 8 Julie, om 18:00. Registreer hier

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees