“Ek gaan Mej. Heelal toe, dis méér as my jaar!”
Natasha Joubert, wat in Oktober by die Mej. Suid-Afrika-wedstryd as tweede prinses gekroon is, berei haar tans voor om later vanjaar haar plek op die internasionale verhoog in te neem. “Ek floreer met alles wat die proses behels.”
Volgens haar wil sy graag wys dat sy hardwerkend, doelgerig en passievol is en bo haar omstandighede kon uitstyg.