Leer ken vir Nicola ook in SARIE se November/Desember-uitgawe, landwyd op die winkelrakke!

SARIE Voorbladgesig is trots geborg in samewerking met Isa Carstens Akademie en INOAR.

Wat het jy nuut geleer vandat jy jou Voorbladgesig-reis begin het? 

Die SARIE-voorbladgesigreis het vir my geleer om myself te ondersteun en #JyIsGenoeg te glo. Ek kritiseer myself soms oor die kleinste dinge, en hierdie ervaring het vir my herinner om positief na myself en die lewe te kyk.

Boonop het ek soveel van die lewe geleer van die ander finaliste. Al is ons in ’n kompetisie, staan almal saam en ondersteun mekaar. Dit is ’n verfrissende én onvergeetlike reis sover!

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Jy is passievol oor die natuur?

Ek is passievol oor die omgewing – spaarsamig met kos en water, probeer plastiek vermy en ek is betrokke by dierewelsynsorganisasies. Die natuur is ’n geskenk en ’n voorreg – en ons moet dit beskerm, dít is ons rol as mense in dié wêreld. Elkeen van ons kan ons deel doen.

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Watter verhouding het jy met jou vel?

My vel is baie sensitief, en my liggaam ook! Ek sukkel al my lewe lank met IBS (prikkelbaredermsindroom). Suiwel, gluten en sekere vrugte affekteer my dikderm en dit weerspieël ook op my vel.

Wat beteken ’n spa-behandeling vir jou?

Ek doen dit nie gereeld nie, so as ek die kans kry, geniet ek dit as ’n groot bederf. Dit kan ook terapeuties wees, na gelang van die terapeut se interaksie met jou. As ek by die salon uitstap, dan voel ek soos ’n nuwe mens.

Watter verhouding het jy met jou hare?

Ek glo dat ’n vrou se hare haar kroon is. Dis ’n belangrike deel van my voorkoms, en ek dink mens kan baie van iemand sê deur na hulle haarstyl te kyk. Ek is byvoorbeeld ’n ‘easy-going’ mens, wat my hare ook natuurlik en los dra. Ek is baie lief vir my hare en ek is dankbaar vir my moeitelose kroon!

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Hoe bly jy positief oor die toekoms?

Al word ons elke dag omring deur negatiewe dinge, probeer ek die goeie raaksien. Ek kan soms negatief raak, daarom neem ek ’n doelbewuste besluit om positief te wees. Ek kies om eerder te fokus op hoop, as op teleurstellings. En ek herinner myself dat ek soveel het om voor dankbaar te wees.

Wat is jou gunsteling-aanhaling?

My gunsteling-aanhaling is: “If you really want it, you’ll make it happen.” Ek sal alles in my vermoë doen om my doelwitte te bereik.

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Die lewe is besig! Is self-sorg vir jou belangrik?

Ek is ’n introvert, so alleen-tyd en self-sorg is my tweede natuur. Ek lees boek, ek oefen in die gimnasium, stap met my hond of kyk ’n fliek. Dit help my om te herlaai. Ek het ’n groot waardering vir die natuur, so tyd buite in ’n tuin is vir my baie belangrik – saam met my hond natuurlik!

Ek sukkel nie met balans nie, omdat ek na my liggaam luister. Partykeer moet ek alleen wees, ander kere kort ek mense om my. Ek probeer 'in tune' bly met myself. Gelukkig is ek ’n eenvoudige mens, dus het ek nie baie nodig nie!

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Wat is jou boodskap aan jou jonger self?

Ek het te lank gefokus op ander mense se opinies van my, en nie op my eie geluk nie. Ek sal vir my jonger self sê: Moenie omgee wat ander mense van jou dink nie. Relax net! Jy is goed genoeg. Kyk vir jouself in die spieël en besef dat jy mooi genoeg en slim genoeg is. Al wat tel, is jou opinie van jouself.

Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cr
Nicola Steyn FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

Wat beteken SARIE vir jou?

SARIE was vir my eers net ’n tydskrif, nou is dit ’n familie en ’n goedvoel-gemeenskap. My hele reis was nog net lekker, die span het uit hulle pad gegaan om my positief te laat voel oor myself. Ek is dankbaar vir die lesse wat ek tot dusver geleer het.  

Wat beteken Afrikaans vir jou?

Afrikaans is die heel eerste taal wat ek kon praat – omdat my hele familie Afrikaans is. Nadat ek egter in Engels skoolgegaan het, droom en dink ek in Engels.

My ervaring met Afrikaans en Engels maak egter dat ek gemaklik tussen die twee tale kan wissel. En as ek ooit moet baklei, dan slaan ek vinnig oor na Afrikaans, want in dié taal kan mens jouself vinnig uitdruk. 

Daar is ook baie Afrikaanse woorde wat nie ’n eweknie in Engels het nie. Een voorbeeld is die woord “lekker”, en dit is ook my gunsteling-woord in Afrikaans. Dit beskryf ’n goeie tyd en heerlike mens dadelik met een beskrywende woord – lekker!