Die afgelope paar week het kykers gesien hoe hy die karakter Henry in die Tertius Kapp-reeks Siende Blind op kykNET vertolk. Maar as kind was hy skaam en teruggetrokke – die wêreld van drama was toe nooit op sy voorgrond nie, dit was slegs ’n medium om uit sy dop te kom.
“Ek voel meeste akteurs het ’n smag na kommunikasie. Dis wat ek dink baie akteurs se passie vir toneelspel laat begin. Hierdie is die geval met my. Ek as kind was baie skaam en teruggetrokke tot ek vir dramalesse gegaan het by ’n vrou met die naam Louise van Niekerk.”
Danksy hierdie dramalesse het hy ’n rol losgeslaan in die Regardt van den Bergh-rolprent Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (2010).