SARIE Voorbladgesig en Nuwe Gesig is met trots geborg deur Isa Carstens Akademie.
Sy’s skaars 18 jaar oud, maar elke vrou kan iets leer by Jonadrie van Aardt, wenner van die SARIE Nuwe Gesigkompetisie 2020: Jy ís genoeg – nes jy is. Toe sy dit eers besef het, vertel Jonadrie, het sy met nuwe oë na haarself en die wêreld begin kyk.
“Ek is gebore met ’n beauty spot bo my een wenkbrou en in my laerskooljare is ek vreeslik daaroor gespot. Dit was baie moeilik en ek het my ma gesmeek dat ek dit kan verwyder. Selfs as tiener, toe ek in 2017 met modelwerk wou begin, het dit my laat voel ek is nie goed genoeg vir die modebedryf nie.”