Suid-Afrika se bekende nutsman en DIY-held Riaan Garforth-Venter en sy TV-glanspersoonlikheid-vrou, Michelle, woon deesdae in Amerika. En hul negejarige seuntjie, Rainn, is al yslik groot!
SARIE se Liesel Pienaar kuberkuier by Riaan en Michelle en hoor hoe dit deesdae met hulle gaan.
Riaan en Michelle se hande staan vir niks verkeerd nie. Riaan was op sy dag wenner van Strictly Come Dancing, Suid-Afrika se bekendste nutsman en ook gewilde TV-persoonlikheid. Op haar beurt is Michelle ewe bekend as omgewingsjoernalis, wild-kenner, TV-vervaardiger en -aanbieder.