Daar is geen te kort aan drama in die uithoeke van Ruiterbosch nie. Week na week ontvou die intriges van karakters soos Bridgette Jacobs (Denise Newman), Tim du Plooy (Marco Spaumer), Joy Benjamin (Monique Rockman) en Siya Thuli (Gantane Kusch). Ons raak vurig oor Nazeem Jacobs (Irvine van der Merwe) se onderduimse planne, ons koester vir Mymoena Samsodien (Jill Levenberg) en moes onlangs Carmen Samsodien (Desiré Gardner) groet. Soos Alistor Izobell sing: “Saggies kom sy van die berg af, vol liefde en krag. Sy omhels haar mense met al haar mag ...” Ja, die Kaapse sepie Suidooster is al behoorlik deel van ons familie.

En nou gaan ons binnekort, in die maand van Mei, twee splinternuwe en permanente karakters ontmoet! SARIE.com gesels eksklusief eerste met die aktrises Esther von Waltsleben en Natasha van der Merwe wat die rolle van die getroude paartjie Elana en Susan Naudé vertolk.

Twee nuwe karakters gaan in die maand van Mei verskyn. FOTO Verskaf

Klik hier vir Esther se onderhoud | Klik hier vir Natasha se onderhoud.