“In 2020 het ek baie aan myself gewerk om ’n sterker mens te wees. Sterker geestelik, maar óók as aktrise.”

Robyn Rossouw, die Arendsvlei-karakter Monique Ross, glo dít het gehelp om ’n goeie grondslag vir 2021 te lê. Sy is nou ook as Cindy Avontuur in die SABC2-drama Swartwater se derde seisoen te sien.

“Ek het geleer hoe om nee te sê en my stem te gebruik... dat ek ook waarde het. Dit gee vir my die selfvertroue om alles voluit aan te pak.” Sy hoop om ook vir ander mense ’n stem te kan wees.

“Met ’n goeie oefenroetine, ’n gesonder leefstyl, om voortdurend my vaardigheid as aktrise te verfyn, met goeie verhoudings met geliefdes en my geloof, glo ek, is 2021 my jaar, my plek. Dis vir my ’n groot prestasie om ’n bruin Kimberliet te wees wat my drome kan bewaarheid.”