Trou-album: Christia Visser sê 100 keer ja!

akkreditasie
Aktrise Amalia Uys en haar man,
Shaun Golding, was deel van die vieringe. Agter hulle is die bekroonde akteur Brendon Daniels,
wat saam met Christia in “Tess” gespeel het. FOTO Michelle Bauermeister
Aktrise Amalia Uys en haar man, Shaun Golding, was deel van die vieringe. Agter hulle is die bekroonde akteur Brendon Daniels, wat saam met Christia in “Tess” gespeel het. FOTO Michelle Bauermeister

Dit was die gelukkigste dag van haar lewe. Om vir ’n “tweede” keer met haar Thomas – die een wat uit die bloute weer oor haar pad gekom het, wat haar laat veilig voel en toelaat om weerloos te wees. 

Maar as sy terugdink, was daar talle oomblikke van groei en geluk. Die groot ou boom in haar ouerhuis se agterplaas was aktrise Christia Visser se speelplek. Daar kon sy vir ure swaai . . . pure kind. In ’n skuiling van takke gebou, dig sodat die lig net-net kon deurbreek, kon sy haar verbeelding vrye teuels gee, stories opmaak. En beter eindes gee. Een van hulle was van Barbie. “Ek het ’n storie op televisie gekyk waarin Barbie dans en skielik val. Almal het vir haar gelag en sy het huilend uitgehardloop.” 

Onder daardie boom het dieselfde toneel oor en oor uitgespeel, met Christia, toe net vier, wat Barbie’n tweede kans gee. “Ek het haar so jammer gekry, ek wou weet hoe sy voel. Vandag nog kan ek dit nie verduur as iemand verneder word nie. Dit breek my hart.” Dekades later leef sy haar steeds so in haar karakters se rolle in, soos dié van die sekswerker in die 2016-rolprent Tess, wat internasionaal uitgereik is. “Elke karakter dra ’n deel van my saam en ek van hulle. Ek moet hulle stuk-stuk probeer afskud en a? er.”Maar dis Tess wat haar steeds bybly. “My diepste ervaring was beslis met Tess. Sy het my tot breekpunt gedryf en ook die meeste groei gebring.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees