Haar lewe is ’n landskap van stories. Gee jy van jou tyd, sal Nicqie Robinson hulle een vir een vir jou vertel.
“My storie begin in 1986 . . .”
In die Namibiese dorp Mariental, waar die teerpaaie met stof verweef word, is sy gebore as die vierde kind van Alex en Marietjie Schaaf – toe reeds ouers van Marion, Alexander en Robbie. Dit was ’n huis gevul met vreugde.