Voorbladgesig se Schané: ‘Moet nooit opgee nie’

akkreditasie
Dromer, hardwerkend, vol energie en een van SARIE Voorbladgesig 2019 se 10 finaliste.

Die punte van haar donker hare lyk of dit in heuning gedoop is en haar oë skitter. Die 27-jarige Schané Venter van Alberton is gemaklik in haar vel – jy kan dit sien. Haar tikkie wysheid? “Jy kan net vervuld leef as jy weet hoe en waar jy die grootste impak maak.”

En met haar gunsteling-leerbaadjie kan sy die wêreld in die oë kyk. Sy is gedrewe, hardwerkend en tans betrokke by die Mej. Suid-Afrika-organisasie, waar sy as ’n bedryfs- en logistieke bestuurder werk. Haar inspirasie? Suzette van der Merwe, voormalige Mej. SA en sakevrou.

FOTO’S Phyllis Green
FOTO Phyllis Green

Sy het met SARIE grootgeword. “Ek ken SARIE vandat ek ’n dogtertjie is. Dis ’n tydskrif van hoop.” As kind het sy 12 jaar lank gimnastiek gedoen. “Dit het my die waarde van vriendskap geleer en om nooit op te gee nie. My gunsteling-fliek is ook die gimnastiek-fliek Stick it.”

Dis juis wat haar bang maak. “Dat mense maklik opgee en nie bereid is om te werk vir wat hulle wil hê nie.”

FOTO Phyllis Green

Schané is ambisieus en het nog groot drome. Maar haar hart sal ewig in Suid-Afrika bly. “Dis my huis, dis waar my siel rus.”

En wie bewonder sy? “My engelsussie, Lizahn. Sy’t ’n baie traumatiese ervaring gehad, maar glimlag altyd.”

Schané Venter in SARIE se September-uitgawe FOTO Leana CR

Só is Schané voorbladmooi ...

PARFUUM Jimmy Choo Floral, ’n vrugtige blomgeur

INOAR Die B-Perfect-behandeling en Daymoist-masker het haar gedehidreerde hare bevog, en haar balayage-ligstrepies is met die Speed Blond-opknapper verhelder.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n omvattende velanalise ontvang en daarna ’n gesigbehandeling propvol antioksidante.

KALAHARI Elkeen is bederf met ’n lyfafskilfering, voetbehandeling en twee lyfmasserings, asook ’n vitamien C-gesigbehandeling vir ’n helder, fermer vel.

Schané Venter met haar Fujifilm Instax Mini kamera FOTO Phyllis Green
Schané Venter met haar Jimmy Choo-parfuum FOTO Phyllis Green
INOAR-produkte is gebruik om die finaliste se hare vir die fotosessie te stileer FOTO Phyllis Green
Schané Venter en van die ander finaliste word by die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch bederf FOTO Instagram / Schané Venter
Schané het Jimmy Choo Floral ontvang

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees