“Daar is net een ding waaroor ek werklik beheer het – en dit is myself. Ek kan nie bepaal hoe mense my hanteer nie, maar met ’n bietjie oefening wel hoe ek daarop reageer.”

Die Uitnodiging is juis ’n platform vir dít waaroor ons in ’n mate beheer het, die herstel van ’n gebroke verhouding.

“Verhoudings is kompleks. Mense maak foute, wat verskonings verg. Soms voel ons ons is reg – of ten minste meer reg as die ander party. Maar iets baie spesiaals gebeur as iemand vir ’n ander persoon jammer sê.”

Vrede maak is dalk moeilik, maar die moeite werd. “Versoening is universeel, deur ons eie ervarings te deel bind dit ons in ’n wêreld wat ons soms geïsoleerd laat voel.”

– Suanné Mulder

* Die tweede seisoen van Die Uitnodiging begin 22 Julie om 21:00 op kykNET.