Of dit nou steil of krullerig is, lank of kort, jou hare ‘praat’. Maak seker jy hou van die boodskap wat dit uitstuur!
Die inligting kom uit die artikel "Taal van jou hare" in ons Oktober-uitgawe. Lees in die uitgawe wat die kenners sê oor die boodskap wat jou hare uitstuur - nog voordat jy jou mond oopmaak.
Hane´ van Schalkwyk
SARIE Voorbladgesig-finalis
Dis wie ek is, deel van hoe ek myself uitdruk. In graad 2 het ek besluit ek wil my kort hare laat groei, en dis nou nog lank. Dis lekker dik en ek dra dit net so, met natuurlike kartels.
Kim Cloete
Tans in Binnelanders en mede-aanbieder van die leefstylprogram VeranderDinge op kykNET, oor haar nuwe, kort kapsel
FOTO: kykNET / Vernondo Boshoff Photography

Vir my was dit die afgooi van iets, ’n deel van myself. Ek was midde-in ’n groot oorgang en dit was die maklikste manier om dit uiterlik te demonstreer. Dit was nie bewustelik nie, heel instinktief, maar so bevrydend.
Carla Spiller
SARIE Voorbladgesig-finalis en trotse rooikop
Op skool het kinders ’n keer ballonne vol water op my kop gegooi om ‘die vlamme te blus’.
Shaleen Surtie-Richards
In Siener in die suburbs op Aardklop (6 - 10 Oktober op Potchefstroom) FOTO: Willem Lourens
Ek’t mos extensions in. Ek’s mal daaroor, ek’t nooit ’n bad hair day nie. As jou hare nie reg is nie, gaan jy ook nie wees nie, al is jy so´ gre^nd uitgevat. Ek was mos byna ’n miljoen jaar in Egoli en Nenna se hare moes ’n sekere manier lyk. Ek kon dit nie afsny of laat groei as die gier my pak nie. Nou is ek baas van my eie plaas
Angelique Fouché
SARIE Voorbladgesig-finalis
Jou hare is die eerste wat mense van jou sien; dis jou vere, dis wat jy dra! Jy kan aan ’n vrou se hare sien of sy na haarself omsien.
Michelle Greyvensteyn
SARIE Voorbladgesig-finalis
Moderne grys hare? Ek sal in ’n oomblik myne grys kleur. Ek’s mal daaroor. Eendag as my hare korter is.
Portia Moemedi
SARIE Voorbladgesig-finalis
FOTO: Leana Clunies-Ross
Ek het nooit vir die ‘reguit hare’- voorkoms geval nie. Ek is trots op wie ek is en gaan nie verander ter wille van stereotipiese idees oor skoonheid nie.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET