Met ons eerste aanlyn sessie in April het ons saam met vroue van reg oor die wêreld gekuier. Ons het saam gelag en gehuil, maar ook praktiese lesse gedeel en vrae gevra om meer van mekaar en ons wêrelde te leer.

Nou stel ons Dinsdagdromer bekend, ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier sal sy eie tema hê met ’n SARIE-voorbladster wat haar storie deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur kenners aangebied word. En soos altyd, sal die vloer oop wees vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.

Bottomless Coffee Band en Elana Afrika-Bredenkamp
Bottomless Coffee Band en Elana Afrika-Bredenkamp

30 Junie 19:30: Donnalee, Elana kuier met die Bottomless Coffee Band

In ons eerste Dinsdagdromer-sessie op 30 Junie kuier Donnalee Roberts en Elana Afrika-Bredenkamp op ons digitale rusbank met die musiekgroep Bottomless Coffee Band wat ook kom inloer. 

Donnalee en Elana gaan hul (koffie-gedrewe) reis met ma-wees deel. Elana het die reis al ’n paar jaar gelede begin, Donnalee het vanjaar haar eerste tree gegee en vir Esté Rabé van Bottomless Coffee Band is dit nog ’n onbekende pad. 

Ons gaan koffie drink en gesels oor uitdagings en drome, en jy kan saam gesels en jou inspirasie en struikelblokke deel. 

Ons nooi jou, ma van baie, nuwe ma, amper-ma, die een wat drome vertroetel, die versorger van mense, diere en plante. Ons kan almal by mekaar leer. Sit die uur en ’n half opsy vir jouself, maak die heerlike koffieresepte wat SARIE vooraf met jou gaan deel en sit terug om saam te kuier.

Bespreek jou skerm vir slegs R69, klik hier om kaartjies te koop

ILLUSTRASIE: Something Els

HOOFFOTO'S: Lourens en Esté Rabé FOTO Collected Pix,

Donnalee Roberts FOTO Ever Ever Photography

Elana Afrika-Bredenkamp FOTO Ian Bredenkamp Media